Kieswyk

'n Kieswyk is 'n plaaslike, afgebakende gebied, wat gewoonlik gebruik word vir verkiesingsdoeleindes. Kieswyke is gewoonlik vernoem na woonbuurte, strate, gemeenskappe, landmerke, geografiese kenmerke en in sommige gevalle historiese figure, wat tot die gebied verbind is. In die Verenigde State van Amerika is kieswyke net genommer.

In Australië, Kanada, Monaco, Nieu-Seeland, Suid-Afrika, die Verenigde Koninkryk en die Verenigde State van Amerika is kieswyke 'n verkiesingsdistrik binne 'n distrik  of munisipaliteit. Kieswyke word gewoonlik gebruik tydens plaaslike verkiesings. In die Verenigde State van Amerika is kieswyke gewoonlik onderverdeel in stembusgebiede.

In die Republiek van Ierland is stedelike kieswyke (wards) en landelike distrikverkiesingsafdelings (District Electoral Divisions) in 1994 herdoop in verkiesingsafdelings (Electoral Divisions).[1] Die verkiesingsdistrikte by plaaslike verkiesings is egter gewoonlik algemeen bekend as kieswyke. Die verkiesingsdistrikte bestaan uit verskeie verkiesingsafdelings en is amptelik bekend as plaaslike verkiesingsgebiede (local electoral areas).[2] In die geval van 'n munisipale samesmelting word na die voormalige stede en dorpe wat die nuwe metropool vorm verwys as wyke.

  1. Local Government Act, 1994 §63
  2. Local Government Act, 1994 §24

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search